Skrywers en Boeke

Die skrywer Dot Serfontein vier op 30 April vanjaar haar 88ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees het haar dogter, die digter Antjie Krog, en verskeie ander haar met ‘n profielgesprek vereer. Hierdie geredigeerde gesprek, wat ook ‘n voorlesing deur die aktrise Antoinette Kellermann insluit, word deur prof. Dorothea van Zyl en Marius Crous ingelei. Serfontein se kleindogter, Susan Samuel, lees ook van haar werk voor.

Vers en Klank

Margot Luyt speel toonsettings van verskeie digters se verse.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Sterre en Planete

Wat is ‘n bruin dwergster? Prof. Matie Hoffman vertel meer oor die nuwe radioteleskoop wat in die Atacamawoestyn in Chili opgerig is. Herman Toerien van Bloemfontein sal ook voortaan die hemelruim met ‘n valkoog dophou vir ruimtenuus.

Kruis en dwars 7 April 2013

Lizelle de Bruin gesels met Marlene le Roux, Kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgroepe, oor vroueregte en die voortdurende ongelykheid wat in kulture en godsdiens voorkom.

Rand en sent

Helen Uckerman gesels met ‘n kundige oor persoonlike finansies.

Ons en die Onderwys

Boelie op skool en in die gemeenskap is aan die toeneem en ouers en onderwysers is raadop. Liesl Schoonraad se Strong4life-program het ©° unieke aanslag en bemagtig alle leerders, boelies, slagoffers en leerders wat knak onder groepsdruk.

Hoe verklaar jy dit?

Is dit waar dat kamele die enigste soogdiere is waarvan die rooibloedselle oor selkerne beskik? Hoe veilig is Suid-Afrika se waterbronne vir stappers? En wat is die verskil tussen die weerverskynsels El Niño en La Niña?