Radioteater

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

Vers en Klank

Digters lees hulle eie verse wat onlangs as gewildste Afrikaanse gedigte aangewys is.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Kruis en dwars 31 Maart 2013

Lizelle de Bruin gesels met dr. Andries Cilliers oor die simboliek en geskiedenis van die brood en wyn wat reeds van Genesis af in die Bybel genoem word. Met die kruisiging van Jesus op hierdie dag voorop vir christene, word die klem op die brood en wyn geplaas as simbool van Jesus se gekruisigde liggaam.

Rand en sent

Helen Ueckermann praat oor aftreebeplanning met Nico van Gijsen van die finansiële dienstemaatskappy, Finlac.

Ons en die Onderwys

Wat is die verskil tussen boelie en terg? Thamar Jacobs, ʼn maatskaplike werker, en Liesl Schoonraad van die program Strong4Life, verduidelik hoe dié negatiewe gedrag met wortel en tak uitgeroei kan word.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit en sy gas beantwoord luisteraarsvrae oor die benadering wat mense met gestremdhede kan volg om deel van die breë gemeenskap te wees.

Hoe verklaar jy dit?

Wat veroorsaak stroke seewater van verskillende kleure, wat klaarblyklik nie meng nie? Is die pas afgelope warm, droë somer in die suidweste van Namibië die gevolg van El Niño? En is die Amerikaanse vlag wat in 1969 op die maan geplant is steeds daar?

Taaldinge

Jou taalnavrae word weer benatwoord. So, as jy gevra het waar kom die woord ‘preuts’ en ‘skrum’ vandaan, of wanneer is ‘n skool ‘n gimnasium of net ‘n hoërskool, kom luister wat sê die kenners.