Die tradisie van koorsang in Suid-Afrika is diep gebed in ons gemeenskappe. Van Eersterivier tot Garries verduidelik koorlede en koorleiers hoekom hierdie sangvorm brûe bou en hulle siele verryk.
Skrywers en Boeke
Het jy geweet dat die oudste Afrikaanse geskrif in 1845 verskyn het en dat dit Afrikaans was geskryf in die Arabiese alfabet? Wat is tans die kwessies rondom die oorsprong van Afrikaans? Hein Willemse, professor in Afrikaans by die Universiteit van Pretoria, vertel meer oor kreolisering en die belang van Afrikaans in die Kaapse Moslemgemeenskap.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met Frikkie Gouws oor kinderveiligheid tydens die Paastyd en hoe om trauma te voorkom.
Vers en Klank
Nic de Jager lees verse uit Johann Lodewyk Marais se bundel IN DIE BLOUTE.
Kommentaar
Ontleders bespreek die week se politieke gebeure.
Kruis en dwars 24 Maart 2013
Dit is lydenstyd en die fokus val op die kruis en die opstanding wat die hart van die Christelike evangelie vorm. Johan van Lill gesels met dr. Isak Burger, president van die AGS van Suid-Afrika en dr. Adrio König van die NG Kerk oor die waarde van die opstanding vir vandag se gelowiges.
Rand en sent
Helen Ueckermann praat met Kobus Wentzel van 1Life oor hoe jy jou kinders meer kan leer oor geldsake.
Ons en die Onderwys
Wie kan ʼn kompetisie weerstaan? As jy jou leerders se woordvaardighede en liefde vir boeke ʼn hupstoot wil gee dan is die Idols vir boeke-kompetisie net die regte ding! Fiona van Kerwel en Shireen Crotz vertel hoe dié skole-uitreikprogram leerders en onderwysers kan bemagtig.
Leefwêreld van die Gestremde
Hoe toeganklik is die Ysterman-kompetisie vir mense met gestremdhede? Die driekampatleet, Francois Jacobs, vertel meer oor sy deelname aan hierdie kompetisie.
Hoe verklaar jy dit?
As dit waar is dat die mens eeue gelede ‘n harige pels gehad het, hoekom het hy dit verloor? Watter gevare hou die voer van wilde diere, waaronder ‘n dassie-kolonie op Mosselbaai, vir mens en dier in? En wat vreet ‘n baba-bidsprinkaan?