Lizelle de Bruin gesels met dr. Theo Geyser oor die gelykenisse wat Jesus in die Bybel vertel het en die waarde van daarvan vir ons vandag.
Rand en sent
Hoe spaar ’n mens doeltreffend vir jou eie doeleindes en hoe gemaak as jy wil spaar vir die tersiêre onderrig van ’n minderbevoorregte kind? Helen Ueckermann gesels met Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika, oor wat ’n mens kan doen om daardie doelwitte te bereik.
Ons en die Onderwys
Graad 8 Wiskunde is vir baie leerders ʼn uitdaging omdat hulle nie sekere wiskundige konsepte, wat hulle reeds in graad 7 moes bemeester, onder die knie het nie. Marise Oberholzer het egter raad. Anthea Adams gesels met dié wiskunde-ghoeroe oor die verband tussen ʼn positiewe gesindheid, gereelde huiswerk en ʼn verantwoordelikheidsbesef.
Leefwêreld van die Gestremde
Ledivia Hamman vertel meer oor die fossielroete en geologiese uitstalling by die Instituut vir Blindes op Worcester.
Hoe verklaar jy dit?
As die afstand tussen die aarde en die son die hele dag dieselfde is, hoekom word dit dan koeler teen sononder? Hoe oorleef verkleurmannetjies in uiterste koue op plekke soos Sutherland? En watter bestanddeel in aspersies veroorsaak die kenmerkende skerp reuk in urine?
Taaldinge
Magdaleen Krüger kyk na netjiese Afrikaanse skelwoorde en goeie Afrikaans vir Engelse rekenaarterme.
Oggenddiens
Ds. Janus Roux van die NG Kerk Elarduspark.
Sterre en Planete
Daar is tans twee komete sigbaar en boonop is daar nog ‘n ruimteklip of asteroïde wat die naweek verby die aarde skeur. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts gesels oor hierdie verskynsels.
Islam in Fokus
‘n Gespreksprogram vir Moslemluisteraars.
RSG Dokumentêr
Middeljarig en afgedank. “Johan” is ‘n 45 jarige man en is in 2010 afgedank. Hy is drie jaar later steeds sonder werk. Hy vat ons deur die emosionele stryd van desperaatheid en oorlewing.