Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer, Kole Omotoso, wat al jare lank in Suid-Afrika woon en meer bekend is as die goedige oom in die Vodacom-advertensies. Die joernalis Ilse Salzwedel wat al verskeie pryse gewen het vir haar besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek, vertel meer oor haar boek, Onvertelde stories van Afrikaans. Sy vertel waar hierdie stoies vandaan kom en wie se stories dit is en sy sê ook waarom hierdie stukkies van onvertelde geskiedenis van Afrikaans so belangrik is. Het jy geweet dat die naam Thabo, vreugde beteken? En Tladi beteken weerlig – ‘n naam wat gegee word aan een wat gebore is op ‘n dag wat daar donder en weerlig was. Phumi Simelani-Kalumba het ‘n woordeboek van Suid-Afrikaanse inheemse name saamgestel met hulle betekenisse en oorspronge. Dis ‘n boek en naslaanbron wat kulturele konteks en geskiedenis fassinerend verweef, insluitend benoemingsrituele, en huishoudelike dispute waaruit name dikwels voorkom. Op dié manier word die boek ‘n belangrike etnografiese dokument. Corina van der Spoel het met Phumzile gesels oor haar boek, Jabulani Means Rejoice.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met die traumatoloog, ds. Barbara Louw, oor trauma in die gemeenskap en hoe dit hanteer moet word.
Vers en Klank
Chris van Niekerk lees van sy gunsteling gedigte.
Kommentaar
Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.
Kruis en dwars 3 Maart 2013
Na aanleiding van ‘n konferensie oor Armoede en Ekologie wat van 8 tot 10 Maart in Belville plaasvind, kyk Lizelle de Bruin na die integrale deel wat mens en natuur vorm en hoe gelowiges daaroor moet dink.
Rand en sent
Duisende Suid-Afrikaners verkies deesdae om in deeltitelkomplekse te woon. Hulle meen dit is veilig en ʼn lekker toesluit-en-ry leefstyl, maar daar is baie vereistes waarmee ʼn inwoner van so ʼn skema moet rekening hou. Voor jy dus koop, moet jy jou vergewis van waarvoor jy jou inlaat.
Ons en die Onderwys
Gee jou kind se gesukkel met wiskunde jou grys hare? Die wiskundekenner, Marise Oberholzer, help jou lag-lag om wiskundige konsepte soos tafels op ʼn praktiese manier aan te leer.
Leefwêreld van die Gestremde
Hoe prakties is die beoefening van karate deur mense met gestremdhede? Dirk van der Merwe vertek meer van die bemagtigingspotensiaal van hierdie gewilde sport.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom verander die toonhoogte van die geluid wat ‘n metaallepel maak wanneer jy suiker in ‘n glashouer met warm water inroer? Kan ‘n skilpad vanself weer op sy voete kom as hy op sy dop beland het? Dit gebeur gereeld dat wolkmassas uit Botswana oor die Noord-Kaap inbeweeg, maar dan swaai dit Ooswaarts weg sonder om te reën. Hoekom?
Taaldinge
Daar word gesels oor sommige stukkies van die legkaart van Afrikaans.