Ds. Paul Lubbinge van die Gereformeerde Kerk, Mosselbaai.
Sterre en Planete
Is die uitspansel rond of plat? Dit is een van die vrae wat te doen met kosmologie. Prof. Matie Hofmann verduidelik ook wat die verskil is tussen sterrekunde en kosmologie. Willie Koorts gee ook meer inligting oor drie nuwe teleskope wat “eerste lig” gesien het in Sutherland.
Islam in Fokus
‘n Gespreksprogram vir Moslemluisteraars.
RSG Dokumentêr
Jacqui January is in Johannesburg se middestad waar ‘n oud-Vrystater ‘n groepie straatkinders se stories vertel met sy “foto’s van ‘n duisend verhale”.
Skrywers en Boeke
Corina van der Spoel gesels met Suzette Kotze-Myburg wat een van die samestellers is van ‘n boek met debuutverhale. NUWE STORIES is die beste 21 verhale uit die inskrywings vir die kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. Die letterkundige Willie Burger praat oor die kuns van die roman en oor die slotte en eindes van romans. Die skrywer Jan Huisamen, wat in die Richtersveld grootgeword het, is in 2011 in die ouderdom van 85 oorlede. Eers ná sy dood het sy boek, DIE VERHAAL VAN KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD, verskyn. Die boek wat as fassinerend, meesleurend en onthutsend beskryf word, vetrel die verhaal van Katryn Jonis, ‘n formidabele vrouekarakter wat hopelik in die Afrikaanse romankuns ’n verwysingspunt sal word. RSG se hoof van drama, Kobus Burger, het met die redakteur van die boek, Suzette Kotze-Myburgh, gesels. Daar is baie mites oor die skrywer JM Coetzee. Joan Hambidge praat met Carrol Clarkson oor dié verkleurmannetjie van die Engelse letterkunde en hoe hy homself fiksionaliseer in sy verhale. Die onlangse biografie van JC Kannemeyer oor Coetzee en die studie van Derek Attwell word bekyk asook die redes vir Coetzee se vertrek na Australië.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels verder met die kliniese sielkundige, Cizelle Louw, oor selfdood. Hulle kyk ook na post-traumatiese groei.
Vers en Klank
Elisabeth Eybers is op 26 Februarie 1915 gebore. Sy het haar eerste gedigte op die ouderdom van 14 geskryf en op 17 die grondverskuiwende MARIA.
Kommentaar
Ontleders neem die nuusgebeure in oënskou.
Kruis en dwars 24 Februarie 2013
Johan van Lill gesels oor geloofsverdraagsaamheid met ds. Francois Wessels, dr. Chris Jones en Sjeg Thaffier Najjar.
Rand en sent
ʼn Mens hoop dat dit jou nooit oorkom nie, maar die meeste van ons is tog een of ander tyd betrokke by ʼn padongeluk. As dit met jou gebeur, dan is daar sekere stappe om te volg. Helen Ueckermann praat met Johan Janse van Rensburg van die Kantoor van die Ombudsman vir Korttermynversekering oor wat jou te doen staan sou jy in ‘n motorongeluk beland.