Ons en die Onderwys

Die Wiskundekenner, Marise Oberholzer, sê ouers kan hulle kinders speel-speel help om wiskundige konsepte onder die knie te kry.

Hoe verklaar jy dit?

Hoe ontstaan fossielbrandstof? En is daar werklik olie in Suid-Afrika of slegs aardgas? Waar kom al die mites oor veral roofvoëls vandaan? En hoekom verskil die klimaat tussen ‘n dorp aan die Suid-Afrikaanse weskus so drasties van ‘n dorp aan die ooskus, hoewel albei op dieselfde breedtegraad lê?

Taaldinge

Lewer ‘n mens kommentaar oor iets of kommentaar op iets. Daar word ook gepraat oor ‘n Van der Walt-skoot skiet.

Oggenddiens

Dr. Martin Lazenby van die NG Gemeente Pierneef.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels verder met die kliniese sielkundige, Cizelle Louw, oor tienerselfdood.

Vers en Klank

Tinarie Van Wyk-Loots lees liefdesgedigte uit die vroulike perspektief.

RSG Dokumentêr

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy ‘n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag ‘n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die kliniese sielkundige, Cizelle Louw, oor selfdood na aanleiding van Tiener Selfdood-week wat plaasvind van 12 – 19 Februarie. Hulle kyk na die risiko-faktore en waarskuwingstekens.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die kliniese sielkundige, Cizelle Louw, oor selfdood na aanleiding van Tiener Selfdood-week wat plaasvind van 12 – 19 Februarie. Hulle kyk na die risiko-faktore en waarskuwingstekens.