Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die maatskaplike werker Jeanne van den Bergh oor egskeidings.

Vers en Klank

Deirdre Wolhuter lees verse vir en oor kinders en ouers.

RSG Dokumentêr

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus gekry dat hulle vierjarige seun, Gian, outisties is. Hoor hoe hierdie nuus hulle wêreld omgekeer het.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Christo Lombaard oor selfkennis en die reis van die lewe. Wie is ek? Waar kom ek vandaan, en waarheen is ek oppad?

RSG Dokumentêr

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy ‘n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag ‘n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die psigiater dr. Gerhard Grobler. Wat gemaak as een van jou geliefdes dreig om sy of haar eie lewe te neem? Moet daar ernstig aandag aan gegee word, of doen die persoon dit om aandag te trek?

Vers en Klank

Hennie Aucamp het op Sondag 20 Januarie 2013 79 jaar oud geword. Margot Luyt en Daniel Hugo gesels oor Aucamp se liedtekste en speel ook besondere opnames van ‘n paar daarvan.

RSG Dokumentêr

Waaraan dink ‘n paramedikus of polisieman wanneer hy sirenes hoor loei? Watter impak het nooddienswerkers se werk op hulle gesinne?

Geestesgesondheid

Hoekom moes my kind sterf? Hoekom het ek my werk verloor? Ek verstaan nie waarom die ramp my getref het nie? Dis ‘n paar van die vrae wat beantwoord word deur die maatskaplike werker Jeanne van den Bergh.

Vers en Klank

Johann Nel lees verse wat voorgestel is deur MM Walters.