Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van ‘n onderstebo wêreld – Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.
Geestesgesondheid
Eensaamheid word onder die loep geneem.
Vers en Klank
Vanaand luister ons na toonsettings van Afrikaanse gedigte. Daar is onder meer verse van Breyten Breytenbach, Petra Muller, N.P. van Wyk Louw, Ingrid Jonker en ander. Van die kunstenaars wat sing is Laurika Rauch, Laurinda Hoffmeyer, Randall Wicomb, Amanda Strydom, Lize Beekman en Herman van den Berg.
Reis sonder grense
Die jongste neiging in bewaringskringe is om toerisme in te span om te help om die omgewing te bewaar. Nege Suid-Afrikaanse vroue het aan die begin van 2012 besluit om presies dit te doen en ‘n vroue 4 x 4 toer na Angola se Namibe-provinsie te reël om navorsing te doen oor die Olive Ridley-seeskilpad. Suzanne Paxton van RSG is genooi om saam met die groep vroue die reis mee te maak. Die vroue het pas terug gekeer van die epiese tog van 6,222 kilometer met sandpaaie waar landmyne sedert die grensoorlog met Suid-Afrika nog begrawe lê.
Radioteater
Daar is drama in ‘n gesinsonderneming waar daar gemuit, gestaak en demand word. Almal voel daar word teen hulle gediskrimineer en die vroue gebruik ‘n gevreesde tegniek om die mans tot insig en oorgawe te dwing. Hoe laag kan ‘n man daal, of in dié geval, ‘n vrou? In hierdie guitige drama word gender en generasie as temas in ‘n moderne verwikkelde Suid-Afrika aangepak. Dit kan sensitiewe luisteraars ontstel – satire en komedie word vermeng en binne die Suid-Afrikaanse konteks gelewer wat noodwendig politieke en kulturele verwysings bevat. Slegs vir volwassenes.
Vers en Klank
‘n Spesiale kersprogram.
Reis sonder grense
Die jongste neiging in bewaringskringe is om toerisme in te span om te help om die omgewing te bewaar. Nege Suid-Afrikaanse vroue het aan die begin van 2012 besluit om presies dit te doen en ‘n vroue 4 x 4 toer na Angola se Namibe-provinsie te reël om navorsing te doen oor die Olive Ridley-seeskilpad. Suzanne Paxton van RSG is genooi om saam met die groep vroue die reis mee te maak. Die vroue het pas terug gekeer van die epiese tog van 6,222 kilometer met sandpaaie waar landmyne sedert die grensoorlog met Suid-Afrika nog begrawe lê.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met nooddienswerker Frikkie Gouws oor veiligheid en gesondheid tydens die feestydperk.
Vers en Klank
Verse wat vanjaar die meeste reaksie uitgelok het, word voorgelees.
Vers en Klank
Verse wat vanjaar die meeste reaksie uitgelok het, word voorgelees.