Radioteater

Rodion Raskolnikof is ‘n arm student in St. Petersburg en droom van die volmaakte misdaad. Hy vermoor ‘n ou weduwee met ‘n byl en steel haar juweliersware, maar glo dat hy bo die sedewette verhewe is en nie regtig vir sy misdaad sal boet nie. Rodion word deur armoede gedryf en glo dat as hy die geld wat hy vir die juweliersware ontvang vir ‘n goeie doel aanwend, hy nooit gestraf sal word nie. Sal hy met sy gruweldaad kan wegkom? Hierdie klassieke roman is die eerste keer in 1866 gepubliseer en word bestempel as een van die grootste werke in wêreldletterkunde. Dit is vir die radio verwerk deur Stefan Odell en in Afrikaans vertaal deur Fritz van der Merwe. Dit is in 1950 opgevoer onder spelleiding van Anna Neethling-Pohl.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Christo Lombaard oor die waarde van ‘stilte’.

Vers en Klank

Daniel Hugo lees verse uit Hennie Aucamp se bundel TEEN DIE LIG.

Geestesgesondheid

Die maatskaplike werker Jeanne van den Bergh help luisteraars wat geteister word deur gesinsgeweld.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die maatskaplike werker, Jeanne van den Bergh, oor tweede huwelike na die afsterwe van ‘n eggenoot of lewensmaat.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die psigiater dr. Gerhard Grobler oor psigosomatiese patologie.

Vers en Klank

Joanie Combrinck lees gedigte van Antjie Krog wat onlangs 60 jaar oud geword het.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die kliniese maatskaplike werker, Corrie Davidson, oor dobbelverslawing.