Vers en Klank

Annelise Wiid lees gedigte wat voorgestel is deur die joernalis Neels Jackson.

Geestesgesondheid

Gaste Herman en Lea Grobler gesels oor ondersteuningsgroep vir ouers wie se kinders by dwelms of okkulte betrokke is.

Vers en Klank

Libby Daniels lees die skrywer en joernalis, Corlea Fourie, se gunsteling verse.

Radioteater

Die drama beeld die emosionele verhouding van ‘n kinderlose egpaar uit. Hy het uitgeboer en hulle beland noodgedwonge in karige omstandighede in ‘n losieshuis in die stad. Verwyte word links en regs uitgedeel.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels ek met Cuzette du Plessis oor die kenmerke van ‘n gesonde gemeenskap.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert praat met Jeanne van den Bergh oor die effek van emosionele mishandeling en seksuele molestering as kind op die persoon se later lewe as volwassene.

Vers en Klank

Digters lees gedigte wat hulle vir Adam Small geskryf het.

Skrywers en Boeke

Die wenner van die Nobelprys vir letterkunde vir 2012 is pas bekendgemaak. Darryl Accone, boekeredakteur en kenner van Mandaryns vertel meer oor die Chinese skrywer, Mo Yan, wat die prys gewen het. Die bekende skrywer Elsa Joubert word op 19 Oktober 90 jaar oud. Corina van der Spoel het met prof. Willie Burger gesels oor die belang van Joubert se oeuvre en skryfwerk. Daar is ook ‘n onderhoud met Elsa Joubert waarin sy vertel hoe haar reis- en lewenservarings haar “ryp” gemaak het vir die storie van Poppie Nongena. Sy vertel ook wie die skrywers was wat haar beïnvloed het.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Christo Lombaard oor waarom mense huiwerig is om te gesels oor hartsake. Is dit ‘n kulturele ding?