Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die maatskaplike werker Jeanne van den Bergh oor rouberading, veral met ouers wat kinders aan die dood afgestaan het.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit kyk na ‘n projek wat die toeganklikheid van geloofsgemeenskappe vir mense met gestremdhede bevorder.

Taaldinge

Julle wat gevra het dat Magdaleen weer daardie deel oor majesteiskennis moet speel, luister gerus weer. Dan is daar ook die taalspeletjie aan die einde, waar ons, terloops, hoor hoe jy jou taai vleis vir die pot kan sag maak. Maar eers gesels Magdaleen met ‘n skrywer oor taalgebruik in leesboeke.

Sterre en Planete

Prof. Matie Hoffman gee terugvoer van sy besoek aan die VSA en die hoofkwartier van die Hubble-ruimteteskoop. Willie Koorts praat ook oor drie hemelvoorwerpe wat deesdae taamlik naby aan mekaar is – Saturnus, Mars en die ster, Spica.

Skrywers en Boeke

Daar word gesels met die sekretaris van die Pothefstroomse leeskring oor die leeskringring wat al byna 50 jaar bestaan. Die letterkunde kenner Willie Burger gesels oor perspektief in die roman. Terrance April vertel meer oor die skrywer Gail Sobotmokwe. Joan Hambidge gesels met die digter en vertaler Charl JF Cilliers oor sy digkuns en die vertaling van Afrikaanse gedigte na Engels. Corina van der Spoel gesels met Piet de Jager, regsgeleerde, digter en filmmaker en nou ook vertaler van Albert Camus se roman La Peste. Geroges Lory, direkteur van die Alliance Francaise in Johannesburg vertel hoekom dit belangrik is dat groot boeke uit die letterkunde vertaal word.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die lewensafrigter Wilhelm Lombard oor hoekom mense kroniese moegheid beleef.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit gesels met ’n kundige oor die voordele wat sensories gefokusde aktiwiteite vir mense met Alzheimers se siekte inhou.

Taaldinge

Magdaleen Kruger neem ‘n aantal taalkwessies onder die loep.

Oggenddiens

Pastoor Willie Botha van die AGS Corpus Christi, Montana.