Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Braam le Roux, predikant by Stabilis, oor die Body-Mind vraagstuk. Hulle praat oor waar die siel sit en wat die verskil is tussen jou gees en jou siel.

Taaldinge

Magdaleen Krüger praat oor die meervoud van eiename en die rol van taalwetenskap in die studie van tale. Sy kyk ook na standaard Afrikaans in eksamenvraestelle wat kinders soms pootjie.

Oggenddiens

Dr. Sam Piek van die Verenigende Gereformeerde Kerk, Emannuel Gemeente in die Paarl.

Sterre en Planete

Alle oë is die naweek gerig op die Curiosity-marsvaartuig wat Sondag/Maandag op Mars sal land. Hoor die presiese stappe waardeur die kapsule moet gaan voordat dit op die rooi planeet geplaas word.

RSG Dokumentêr

Jacqui January het ‘n dag in Westbury, ‘n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

Taaldinge

Gerhard van Huyssteen praat oor samestellings met woorde uit vreemde tale.