Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met Berno Paul oor die persepsies gekoppel aan angstigheid en algemene angsversteurings.

Kruis en dwars 22 Julie 2012

Johan van Lill gesels met Christo en Jean Lombart oor idiome in die Bybel en hoe dit betekenis gee aan die taal wat ons elke dag gebruik.

Leefwêreld van die Gestremde

Adri Combrinck van Kaapstad vertel meer oor die opleidingsgeleenthede wat die Karel du Toit-Sentrum aan gehoorgestremde kinders bied.

Taaldinge

Daar word gekyk na die Afrikaanse Taalraad se bemagtiging-deur-Afrikaans-besoeke by skole in die Wes-Kaap en ‘ntweede taal vir kinders. In die taalspeletjie gaan dit oor woorde wat uit Afrika-tale oorgeneem is en hoe dit gespel word.

Sterre en Planete

Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels oor die vyfde maan wat by Pluto gevind is. Daar is ook inligting oor Antares, die reuse rooi ster wat in die skerpioen gesien kan word. As Antares in ons son se plek was sou selfs Mars deur hom ingesluk word. Daar is ook inligting oor ‘n sterrekundefees wat in die Kallie Human-sentrum by die Universiteit van die Vrystaat gehou word.

Skrywers en Boeke

Twee groot stemme uit die Afrikaanse en Nederlandse literêre geledere het stil geword – dié van Gerrit Komrij en PH Nortjé. Anke Marais (14jr) van Kaapsche Hoop vertel hoekom sy so baie hou van The Hunger Games, ‘n trilogie van jeugboeke wat al weke op die beste verkooplys is. ‘n Gesprek met Willie Burger oor die literatuur en hoe stories inmekaar steek – hierdie keer oor openingsinne. Terrance April vertel meer oor die skrywer Wole Soyinka. In die laaste gedeelte van die program gesels die bekende letterkundige Joan Hambidge met die skrywer André le Roux. Hy is digter, romanskrywer, rubriekskrywer en ‘n eerlike op-die-man-af-verteller. ‘n Onlangse gedig wat op die internet verskyn het, word ook voorgelees.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met Jacques Botes oor die omstandighede van fasilitering van geestesgesondheid. Hulle kyk onder andere na die voorskrywende metodes van behandeling teenoor die persoon wat sy of haar eie ontdekkings maak. Een van Jacques se studente wat by ‘n psigiatriese hospitaal in Pretoria haar prakties doen, gesels ook oor haar eie persepsies oor wat in psigiatriese instansies opgeneem is.

Kruis en dwars 15 Julie 2012

Johan van Lill stel ondersoek in na die heilige land, Israel, se politieke woelinge en hoe dit die mense van die land beinvloed.