Fanie du Toit gesels met Naas Ferreira, direkteur van ‘n beskermde werksfasiliteit aan die Oos-Rand, oor die uitdagings wat verstandelik gestremde volwassenes in die arbeidmark ervaar.
Taaldinge
Taalterminologie is soms onsensitief teenoor persone met sekere siektes of toestande en moet verander word. Die terminologie selfmoord moet by voorbeeld eerder selfdood wees.
Oggenddiens
Ds. André de Villiers van die Braambos Bediening op Mosselbaai.
Sterre en Planete
Die ontdekking van die Higgs Boson-partikel het wetenskaplikes aan die praat. Prof. Matie Hofmann praat oor die betekenis van die ontdekking. Daar is ook ‘n gesprek met Johan Smit oor die Scopex teleskoopuitstalling wat eersdaags in Johannesburg plaasvind. Willie Koorts gesels ook oor sy werksaamhede by die SAAO se Sutherland-sterrewag.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
RSG Dokumentêr
‘n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag ‘n CA te wees, ‘n deftige kar te ry en ‘n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op ‘n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.
Skrywers en Boeke
Johan Badenhorst, vervaardiger van die Voetspore TV-programme, vertel van sy oudioboek, DRIE REISIGERS EN VALIANT SWART VAT WEER DIE PAD. ‘n Bonus in die program is ‘n voorlesing deur Dana Snyman van een van sy stories wat op die luisterboek verskyn. Joan Hambidge gesels met die bekroonde Nederlandse vertaler, Riet de Jong-Goosens, oor hoe daar besluit word op ‘n vertaling en die probleme waarmee die vertaler worstel. Hulle gesels oor die “valse vriende” tussen Afrikaans en Nederlands, die lesersgehoor in Nederland en die verskillende leessmake van die Afrikaanse en Nederlandse leser. Corina van der Spoel gesels met Riette Zaayman wat hoof is van die argiewe en spesiale versamelings by die biblioteek van die Universiteit van Johannesburg. Sy vertel van besondere boeke in die biblioteek en oor ‘n handgeskrewe manuskrip van die skrywer Eugene Marais wat onlangs aangekoop is vir die spesiale versameling.
Geestesgesondheid
Die kinders van ouers wat substansafhanklik is.
Kruis en dwars 8 Julie 2012
Die stigma van geestesgesondheid laat gelowiges wegskram van hulp soek. Johann Symington gesels oor psigosomatiese probleme, wat dit is, hoe dit lyk en hoe probleme opgelos kan word. Sy gaste gesels ook oor die impak wat geloof op jou psige het.
Rand en sent
Julie is Spaarmaand, maar dit is nie so maklik om jou spaarvarkie spekvet te kry in moeilike ekonomiese tye nie. Waarom is dit so belangrik vir ons én die ekonomie dat ons spaar en hoe kan jy ʼn begin maak?