Waar kom die woord grieselrig vandaan? Mag ons maar praat van ‘n lodge en chalet? Hoekom praat so baie mense van onverskoning vra en nie om verskoning vra nie?
Oggenddiens
Pastoor John Plaatjies van die AGS Oudtshoorn.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
Skrywers en Boeke
Daar is nuus oor wat jy op die Boekefees by die Vryfees in Bloemfontein kan verwag. Marita van der Vyver vertel meer oor watter boeke sy graag lees en die letterkundige Willie Burger vertel hoe stories werk. Terrance April praat oor die skrywer Can Themba. Die skrywer TT Cloete het onlangs 88 jaar oud geword. Hierdie literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker is ‘n merkwaardige figuur op die Afrikaanse literêre toneel. Joan Hambidge gesels met hom oor sy gewildheid, die aard van die digkuns en wat hy lees ter inspirasie. Hy lees ook sy gedig ANNA voor.
Kruis en dwars 1 Julie 2012
Kuns en kunsgalerye was onlangs baie in die nuus met die omstrede Spear-skildery. Watter rol speel kunstenaars se geloof in hulle skeppings en hoe moet gelowiges met kuns omgaan? Johan Symington kyk hoe godsdiens kuns kan beinvloed.
Rand en sent
Hoe leer ʼn mens jou kinders van geld? Dit is ʼn belangrike onderwerp, maar alte dikwels is ouers nie behoorlik toegerus om vir die jongspan die regte leiding te gee nie. Helen Ueckermann praat met Leoni Webster en Annelie Sdralis van Money4kids oor hoe jy jou kinders kan touwys maak met geldsake.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit gesels met Tania Melnyczuk en Shaun du Toit oor die invloed van Asperger-sindroom op die mens en sy omgewing.
Taaldinge
Daar word gepraat oor die neurowetenskaplike aspek van die aanleer van taal by baba’s en volwassenes. Afkortings word bespreek en ‘n Hindi-spreker van Durban vertel hoe sy verskeie tale aangeleer het en sy sing iets in Afrikaans, Hindi en Zulu.
Oggenddiens
Ds. Piet Stofberg van die NG Gemeente Paardekraal-Monument op Krugersdorp.
Sterre en Planete
Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag en Willie Koorts van die SAAO beantwoord luisteraarsvrae oor uitspansel.