Hoe lyk mans se geloofslewe? Watter rol speel geloof in hoe hulle hulle rol in die gesin en samelewing ervaar? Johan van Lill gesels oor geloof en hoe dit ’n gelowige man se rol in verhoudings beinvloed.
Rand en sent
As die skuldskoen druk, soos in soveel Suid-Afrikaanse huise die geval is in hierdie moeilike ekonomiese tye, moet daar plan gemaak word. Helen Ueckermann gesels met Hein Kruger van Kruger Internasionaal oor hoe ’n mens die skuldmonster aan bande kan lê.
Leefwêreld van die Gestremde
Hoe het Hein Wagner trauma in ‘n triomf te verander? Hein vertel hoe dit voel om met ’n seiljag van Kaapstad af na Rio te vaar en om die blinde landspoed rekordhouer van 322,52 km per uur te wees.
Taaldinge
Magdaleen Krüger vind meer uit oor onderrig vir nul-taal Afrikaanssprekendes, die oorsprong van idiome, los- en vasskryf en politaligheid.
Oggenddiens
Dr. Tommie Jooste van die Novus Vita Nuwe Lewe Christelike Kerk.
Sterre en Planete
Die Europese Ruimte-agenstkap het bekend gemaak dat ‘n reuse teleskoop in Suid-Amerika opgerig gaan word. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts praat ook oor watter tyd van die jaar die beste teleskoopkyk omstandighede bied.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
Skrywers en Boeke
Daar word gekyk na die belang van die pasgestorwe Amerikaanse wetenskapsfiksie-skrywer, Ray Bradbury, en daar is ‘n gedeelte van die kortverhaal, The Cold Storage Club van Ivan Vladislavic, wat voorgelees word. Corina van der Spoel praat met Otto Liebenberg, die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en navorsingsentrum (NALN), oor die museum in Bloemfontein en hoe die digitale toekoms vir hulle lyk. Die navorser en letterkundige, Irma du Plessis, vertel van haar ervaring om in die argiewe van NALN te werk.
Kruis en dwars 10 Junie 2012
Johann Symington gesels met Suid-Afrikaners in die buiteland en hoe dit hulle geloofspad verander.
Rand en sent
Om geld in jou beursie te sit, is soos om fiks en gesond te word – daar is nie ʼn kitsplan nie, maar dit verg ʼn leefstylverandering na die korrekte finansiële leefwyse wat jou in staat sal stel om jou doel te bereik. Helen Ueckerman gesels met die ekonoom Dawie Roodt, direkteur van die Efficient-groep. Hoe kan ʼn lewenslange geldplan verseker dat jy jou drome sal bewaarheid en jou finansiële doelwitte sal bereik?