Radioteater

Deon Lotz en Deidré Wolhuther vertolk die rolle van ‘n geskeide paar wat mekaar in die hotel raakloop waar hulle jare gelede, net ná hulle huwelik tydelik gewoon het. In hierdie drama werk Duras weer eens met die tema van onvervulde liefde en Lotz en Wolhuther sorg vir besonder deurleefde vertolkings.

Kruis en dwars 20 Mei 2012

Johann Symington gesels oor geloof in ’n tegnologiese omgewing wat aanhoudend verander. Hoe moet gelowiges byhou met al die verandering en wat moet kerke doen om hierdie verandering te gebruik om die evangelie te verkondig?

Rand en sent

Ivor Price praat met Henry van Deventer, die hoof van sakeontwikkeling by Acsis in Johannesburg. Hy het finansiële raad vir paartjies wat oorweeg om te trou.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit kyk na die tweejaarlikse kongres van die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika wat in Port Elizabeth plaasgevind het.

Hoe verklaar jy dit?

Is die Chinese die talrykste en mees verspreide bevolkingsgroep in die wêreld en het hulle dieet iets daarmee te doen? Hoe kry die tingerige huiskriek dit reg om so hard te raas? Wat veroorsaak ‘n verharding in papino’s? En dan word daar ook gesels oor luisteraarsreaksie op die versoek dat hulle moet laat weet of hulle al gesien het dat kraaie lammers se oë uitpik.

Taaldinge

Daar word gesels oor die uitspraak van Franse name soos onder meer dié van die nuwe Franse president en in die taalspeletjie praat die kundiges oor hoe mens die inwoners van plekke noem.

Oggenddiens

Ds. Fourie Rossouw van die NG Kerk Weltevreden in Roodepoort.

Sterre en Planete

Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag beantwoord luisteraarsvrae oor hemelruim.