Kruis en dwars 13 Mei 2012

Johann Symington gesels op moedersdag oor vroue uit die Bybel en die voorbeeld wat hulle vandag nog stel.

Rand en sent

Ivor Price praat met Kem Westdyk en Japie de Villiers oor finansiële beplanning vir aftrede. Kem is verbonde aan Summit Financial Services en Japie kon gemaklik aftree omdat hy vroeg in sy lewe die regte besluite geneem het.

Leefwêreld van die Gestremde

Margot Luyt gesels met die aanbieder van Leefwêreld van die Gestremde, Fanie du Toit, oor hoe dit voel om ná 29 jaar van stilte, weer funksioneel te kan hoor.

Hoe verklaar jy dit?

Watter nut hou duur navorsing oor versonke stede en lewe in die ruimte vir die mensdom in? Hoe rym die koue winters in die noordelike halfrond met aardverwarming? Is die maan ‘n primêre of sekondêre ligbron? En hoekom voel 15º Celsius in die dag kouer as 15º in die nag?

Taaldinge

Magdaleen Krüger kyk na skelname uit 16de eeuse Nederlands in die dae van die Kompanjieswerknemers… en slegte nuus is dat die woord makelaar onder hierdie skelname geval het. Maar die goeie nuus is dat dit vandag nie meer ‘n skelnaam is nie!

Oggenddiens

Pastoor Emma van der Walt van die Lewende Woord Gemeente, Pretoria.

Sterre en Planete

Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus vertel van die son wat weer besig is om redelik aktief te raak. Daar is ook inligting oor ‘n belangrike gebeurtenis in Junie wanneer Venus voor die son verfbyskuif.

Radioteater

Die drama speel af in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.

Kruis en dwars 6 Mei 2012

Hemelvaart beteken vir Christene die terugkeer van Jesus na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná 40 dae styg Hy op na die hemel en kan sy volgelinge hom nie meer sien nie. Die viering van Jesus se hemelvaart is een van die hooffeeste van Christene.