Rand en sent

Ivor Price praat met Friedl Kreuser en Lorna McPherson oor die pad na finansiële gesondheid. Die jongste navorsing wys dat tot 40% van die krediet-aktiewe bevolking meer skuld het as wat hulle kan bekostig.

Leefwêreld van die Gestremde

Die Tour de Kaap is ‘n wedren wat jaarliks met groot suskes aangebied word. Thomas Micklem vertel meer oor sy deelname aan hierdie wedren en die verskil wat dit aan gestremdes se lewens maak.

Hoe verklaar jy dit?

Kan mense, veral vissermanne, uit seevoëls se gedrag agterkom of daar ‘n weersverandering aan die kom is? Is die jarraboom ‘n bloekomsoort? Watter harde houtsoorte word in Suider-Afrika aangetref?

Taaldinge

Magdaleen Krüger kyk na die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se kongres oor Kaapse Afrikaans en hoe daar meer woorde en uitdrukkings uit Kaaps in woordeboeke opgeneem kan word. Daar word ook gekyk na die tekort aan taaldata om genoegsame mens-masjien interaksie deur bepaalde tale te fasiliteer.

Oggenddiens

Ds. Richard Verreynne van die Christelike Gereformeerde Kerk, Parow.

Sterre en Planete

Hoe sal jy weet jy tel ‘n meteoriet op en nie ‘n klip nie? Daar is ook inligting oor die stereo-satelliete wat inligting oor die son versamel. Die komende naweek gaan ‘n maannaweek wees, want die maan sal ‘n sogenaamde supermaan wees – baie nader aan die aarde as normaalweg. Daar is ook nuus oor die volgende Sterre en Planete-aand wat by die Gariepdam plaasvind.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Rand en sent

Ivor Price praat met Kem Westdyk van Summit Garnishee Solutions oor die besoldigingsbeslaggingsbevel, beter bekend as garnishee orders. Dit is wanneer ’n kredietverskaffer, met die hof se toestemming, skuld van jou lone of salaris verhaal.