Ivor Price praat met Kem Westdyk van Summit Garnishee Solutions oor die besoldigingsbeslaggingsbevel, beter bekend as garnishee orders. Dit is wanneer ’n kredietverskaffer, met die hof se toestemming, skuld van jou lone of salaris verhaal.
Leefwêreld van die Gestremde
Niel du Toit van Bloemfontein vertel hoe gestremdheid sy daaglikse lewe raak. Sake wat bespreek sal word, is die beskikbaarheid van hulpmiddele vir mense met ’n mobiele gestremdheid en die impak van druksere.
Hoe verklaar jy dit?
Is daar paddas wat teen ‘n muur kan uit klouter? Hoe lank kan brulpaddas tydens droogtes onder die grond oorleef? Kan diere oor ‘n gestorwe maat rou?
Taaldinge
Wat is die herkoms van die woorde lakoniek en lakonies? Dien ‘n mens as jy tennis speel, of slaan jy af? Wat het van word geword?
Oggenddiens
Vader Paul Beukes van die Heilige Katherina Katolieke Kerk.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kruis en dwars 22 April 20121
Johann Symington gesels met proff. Nelus Niemandt en Johan Janse van Rensburg oor die debat rondom ontluikende kerke.
Rand en sent
Ivor Price vind meer uit oor skuldberading.
Leefwêreld van die Gestremde
Hoekom is daar nog soveel onsekerheid oor die identifisering van en ondersteuning aan mense met outisme? Dr. David Griesel vertel meer oor die impak van outisme op die mens en sy omgewing.