Word Blou Bulle-ondersteuner met ‘n koppelteken geskryf? Waar gebruik ons spasies en wat het ‘n 82-jarige gedryf om ‘n M-tesis oor troeteltaal te doen?
Oggenddiens
Pastoor. Heinz Schrader van die Capital City Community Gemeente.
Sterre en Planete
As mens na die suiderkruis kyk, lyk dit of al die sterre ewe ver van jou af is, maar dit is beslis nie die geval nie. Hennie Maas praat met Willie Koorts en prof. Matie Hoffman oor die oënskynlike afstande van sterre. Hoe helder sal Canopus byvoorbeeld wees as die ster dieselfde afstand as Alfa Centauri gehad het?
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
Radioteater
Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Britse TV-persoonlikheid, Jill Dando, wat die hoogste prys vir roem op die klein kassie betaal het. Die gegewe is eie aan Suid-Afrika en bekend aan plaaslike gehore. Die gebeure en reaksies van mense blyk universeel te wees.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kruis en dwars 15 April 2012
Johann Symington gesels oor pornografie en die gevolge daarvan. Moet kerke en gelowiges hulle stem hieroor dik maak?
Rand en sent
Finansië geletterdheid.
Leefwêreld van die Gestremde
Estelle Randall vertel van haar ervarings ná ‘n ernstige motorongeluk.
Hoe verklaar jy dit?
Kan ‘n mens omlope kry deur te veel te was? Is mense met blou oë se sig swakker as dié met bruin oë? Kan ‘n mens lig met behulp van spieëls versterk? Kan die magneetvelde by die pole verantwoordelik wees vir ‘n verhoogde voorkoms van kanker?