Watter riglyne is daar oor die gebruik van leenwoorde in Afrikaans?
Oggenddiens
Dr. Charles Flaendorp van die Verenigende Gereformeerde Kerk, Macassar.
Sterre en Planete
Prof. Matie Hoffman gesels oor die verskuiwing van die melkweg. Daar is ook meer inligting oor watter soort teleskoop – reflektor of refraktor – beter is vir watter hemelliggaam. Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus verduidelik ook hoe magnetiese storms op die son gemeet word.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kruis en dwars 8 April 2012
Kenners bespreek kerk- en geloofsake.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit gesels met André Maree oor hoe ’n duikongeluk sy leefwêreld verander het.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom bly boomstamme vir jare behoue nadat daar ‘n groot opgaardam om hulle gebou is? Is die feit dat bloekombome al hulle bas in die herfs verloor ‘n teken van ‘n goeie reënjaar? En watter tekens is daar in die natuur dat daar ‘n weer- of klimaatsverandering in aantog is?
Taaldinge
‘n Program oor taal en taalverskynsels.
Oggenddiens
Ds. Erik van Alten, Vrye Gereformeerde Kerk Maranatha.