Oggenddiens

Dr. Isak Burger, President: AGS Suid-Afrika.

Kommentaar

Ontleders neem die week se politieke gebeure in oënskou.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit kyk na die baanbrekerswerk wat Blind SA doen om inligting in Braille aan die blinde gemeenskap beskikbaar te stel.

Hoe verklaar jy dit?

Indien twee giftige slange baklei en mekaar raak pik, sal hulle vrek van die gif? Waar kom die uitheemse perdebye vandaan wat tans so ‘n groot bedreiging vir ons inheemse heuningbye inhou? En hoekom is Australië se inheemse diere so uniek?

Taaldinge

Nuus oor ‘n uitstalling van die ontwikkeling van Afrikaans in Afrikaanse musiek, wanneer gebruik jy hoofletters en die taaljunkies rap in Afrikaans.

Oggenddiens

Ds. Tommie Solomons, Rynse Kerk, Elsiesrivier-gemeente.

Sterre en Planete

Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT?