Onderwys- en skoolaangeleenthede wat die howe moes hanteer, word bespreek soos ‘n saak waar ‘n skool verklaar het dat hulle nie nog plek het om leerlinge in te neem nie. Hofsake rondom die Hoërskool Ermelo en die Rivonia Primary School word bespreek.
Kommentaar
‘n Span ontleders neem die week se politiek in oënskou.
Kruis en dwars 25 Maart 2012
Is die wetenskap ook God se wetenskap omdat dit Sy wêreld is? Ons leef in ‘n wetenskaplike era en wil weet wat aangaan. Daar is ook wonderlike ooreenkomste tussen die Skeppingsverhaal en die wetenskap. Die verskillende menings oor evolusie veroorsaak steeds wrywing tussen gelowiges en wetenskaplikes.
Rand en sent
Kenners gee raad oor persoonlike geldsake.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit gesels met die sanger Jannie du Toit oor ‘n projek wat poog om teaters en die kunste toegankliker te maak vir mense met gestremdhede.
Hoe verklaar jy dit?
Kan voëls agteruit beweeg? Hoekom sing kanaries nie wanneer hulle verveer nie? Kwaak paddas dwarsdeur die jaar? Hoekom trek die witgatskoenlapper tydens die somer altyd ooswaarts?
Taaldinge
Luister na een van die tongvalle van Afrikaans, hoor hoe klink Nama en vat die pad in ‘n viertrekvoertuig.
Oggenddiens
Dr. Douw Breedt van Gereformeerde Kerk Waterkloofrand.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram gerig op die Moslemgemeenskap.
RSG Dokumentêr
Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.