Dit gons oor die planeet Niburu wat die aarde een of ander tyd oënskynlik gaan tref. Don Yeomans van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor hierdie hemelliggaam. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts praat ook oor die pragtige sterrehemel wat tans te sien is met die Orion-konstellasie en die Suiderkruis wat aan die opkom is. Naby die kruis is die mooiste en grootste sterrebondel in ons hemelruim, Omega Centauri, en daar word uitgebreid daaroor gepraat.
Regsake
Die geskiedenis en verloop van die Konstitusionele Hof word bespreek asook die hofsaak tussen die Citizen-koerant en Robert McBride nadat hulle hom ‘n moordenaar genoem het.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kruis en dwars 18 Maart 2012
Johann Syminton gesels met drr. Allan Boesak en Frits Gaum oor die rol van bevrydingsteologie. Dr. Nicki Spies gesels oor die vroue en feminisme in die teologiese raamwerk.
Rand en sent
Geldsake en konflik rondom finansies word deur talle kenners beskryf as een van die vernaamste redes waarom huwelike misluk. Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n vryskutskrywer in die veld van persoonlike finansies, oor geld en verhoudings. Hoe kan ‘n mens geldsake op ‘n gesonde manier hanteer en die verskille in die hantering en bestuur van geld oorkom?
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit gesels met Ronel Kleynhans oor hoe interaktiewe drama gebruik kan word om ’n houdingsverandering ten opsigte van gestremdheid mee te bring.
Hoe verklaar jy dit?
Wat veroorsaak die brand in ‘n rissie? Hoe hou ‘n vliegtuig se vlerke so ‘n swaar voorwerp in die lug? En hoe werk die kloningsproses?
Taaldinge
Kan ons maar van die sypaadjie praat as die pavement? Bepaal wette hoe naamwoorde gebruik moet word?
Oggenddiens
Dr. Elreza Mulder van Back to the Bible Training College op Barberton.
Islam in Fokus
‘n Besprekingsprogram gerig op die Moslemgemeenskap.