Het jy al gehoor van visgrate in ‘n pou se boud? Wat veroorsaaak kleurblindheid? En is die aarde besig om al stadiger om sy eie as te roteer?
Taaldinge
Dit gaan nog goed met die Departemente Afrikaans in ons land. En wanneer sit jy ‘n kappie op en wanneer nie…dis nou die kappie-leesteken.
Oggenddiens
Dr. Gavin Meistre van die NG Kerk Garsfontein.
RSG Dokumentêr
Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.
Sterre en Planete
Hoe kragtig moet ‘n teleskoop wees om die poolkappe op Mars te sien? Hoe weet sterrekundiges hoeveel sterre daar in ons melkweg is? Die jongste raming is tussen 200 en 400 miljard.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kruis en dwars 4 Maart 2012
Johann Symington gesels oor geestelike leiers, hulle rol, hulle ondersteurning en wat nou gemaak as daar ’n geloofsverskuiwing plaasgevind het.
Rand en sent
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor spaar en beleggings. Die program bied ‘n waardevolle oorsig van basiese beginsels wat vroeër in die reeks bespreek is.
Leefwêreld van die Gestremde
Watter uitdagings ervaar mense met gestremdhede op die platteland? Ferdie van Eeden van Ficksburg deel sy leefwêreld met ons.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom kan ‘n mens jouself nie kielie nie? Is die sand van die Sandveld besig om sagter te word? Waarom dou dit saans op sekere voorwerpe, terwyl ander droog bly? En waarom kry sekere waterbronne, veral in die Wes-Kaap, in die somermaande ‘n vreemde reuk?