Taaldinge

Wat noem mens iemand wat ‘n vrees vir verse het? Wat sê ‘n mens in Afrikaans vir copy en paste en iPad?

Oggenddiens

Ds. Terrance Wessels van die Verenigende Gereformeerde Kerk Ennerdale.

Sterre en Planete

Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag verduidelik hoe supernovas in die ruimte ontstaan. Prof. Matie Hoffman van die Boyden Sterrewag in Bloemfontein verduidelik ook wat die verskil tussen ‘n supernova en ‘n wisselster is, en hy verwys veral na die gebeure in die Carina-newel.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Kruis en dwars 26 Februarie 2012

Na aanleiding van die onlangse koerantberigte en kommentaar op bekende ouers en kinders, gesels Johan van Lill oor die ouer-kind verhouding vanuit ’n gelowige oogpunt.

Rand en sent

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor testamente en boedelbeplanning. Wat gebeur as ‘n mens nie ‘n testament het nie en tot sterwe kom?

Leefwêreld van die Gestremde

Word gestremdes se reg tot inligting en kommunikasie genoegsaam beskerm? Thelma Kotze van Johannesburg vertel hoe die behoefte aan tolkdienste aangespak behoort te word.

Hoe verklaar jy dit?

Kan ‘n mens werklik ondergrondse water met ‘n mikstok opspoor? Wat behels spesiasie in die diereryk? Hoekom lyk die son en die maan groter by opkoms as wat dit later in die dag of nag lyk?

Oggenddiens

Ds. Dirkie Enderstein van die NG Kerk Whitfield-wes.

RSG Dokumentêr

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het ook in 2010 tydens sy 70ste lewensjaar ‘n Eremedalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.