Kobus Burger gesels verder met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor lewensversekering, ongevalleversekering en begrafnispolisse.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit gesels met ds. Jan Oberholzer van Worcester oor ‘n dissipelskapkursus vir Dowes en die Dowe Ekumeniese Forum.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom maak insekte gebruik van kamoeflering, advertensie en nabootsing? Hoeveel vlieë moet ‘n akkedis op een dag vang om te oorleef? En hoekom het Suid-Afrika nie olie nie?
Oggenddiens
Dr. Flip Loots van Pretoria.
RSG Dokumentêr
Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Rand en sent
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die verskillende soorte versekering wat beskikbaar is.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom het mense nie van nature blou of groen hare nie? Hoekom tref ‘n mens duisendpote in die huis aan, en hoe kan ‘n mens van hulle ontslae raak? Is ‘n likkewaan ‘n akkedis?
RSG Dokumentêr
Die dramaturg, Reza de Wet, is op 27 Januarie oorlede. Haar werk word beskryf as grondverskuiwend en sy word ook beskou as een van die grootste Afrikaanse dramaturge.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.