Hoekom gaap ‘n mens as jy vaak of verveeld is? En is dit aansteeklik? Wat is die verskil tussen stabiele en onstabiele lug? En dan het ‘n luisteraar ‘n gesteente langs die Vaalrivier opgetel wat lyk soos ‘n versteende mond met tande.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Rand en sent
Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die moets en moenies van krediet. Hoe kan ‘n mens jou geldelike situasie ten beste bestuur, al moet jy geld leen? Coetzee verskaf ook ‘n reeks maklike stappe wat enigeen kan volg om sy of haar kredietrekord te verbeter.
Hoe verklaar jy dit?
Volgens ‘n ruimtefoto is daar ‘n meteorietkrater in Noordwes. Kan dit wees? Is daar enige verwantskap tussen dinosouriërs en voëls? En wat veroorsaak soms ‘n sirkel om die son?
RSG Dokumentêr
In ’n gemeenskap met baie boere is dit nie vreemd dat hulle ‘n plan sou beraam nie… Toe Suid-Afrika se enigste oorblywende kool-stoomsleepboot, die Alwyn Vincent, skrootmetaal sou word, het Villiersdorp se mense koppe bymekaargesit om die boot te red. Loren Pienaar het gaan kyk wat onder die dorp se romp skuil…
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Rand en sent
Wat beteken dit as iemand by ‘n kredietburo op die sogenaamde swartlys geplaas word? Hoe kan ‘n mens dit voorkom? Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor kredietburo’s en hoe om seker te maak dat jy ‘n goeie kredietrekord behou, al moet jy soms geld leen of skuld aangaan.
Hoe verklaar jy dit?
Hoe werk swaartekrag? Waarom kan bye nie oor ‘n groot wateroppervlak vlieg nie? Wat veroorsaak dat Teflon aan ‘n pan vaskleef? En was die vulkaniese uitbarsting van Krakatoa dalk daarvoor verantwoordelik dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See kon trek?
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Rand en sent
Sedert Desember verlede jaar het Suid-Afrikaners se hulpversoeke oor hulle skuld verdubbel. Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor chroniese skuld en hoe verbruikers hulle skuldlas kan verlig.