Hoe verklaar jy dit?

Hoekom ruis ‘n ketel sodra die water begin warm word? Is gruisgroewe ‘n bedreiging vir fossiel-navorsing, of kan die twee mekaar aanvul? En hoekom bly aartappels en patats langer warm as ander kossoorte in dieselfde bak?

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Rand en sent

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor hoe ‘n kredietkaart werk en hoe verbruikers dit verantwoordelik kan gebruik.

Hoe verklaar jy dit?

Watter paddaspesie se paddavissies is deurskynend? Kan ‘n by aangeklam raak van sjerrie? En hoekom raak slange nie aggressief wanneer daar foto’s van hulle geneem word nie?

Kommentaar

Ontleders gee ‘n voorskou van wat 2012 inhou.

Rand en sent

Hoe bepaal ek my finansiële doelwitte vir die nuwe jaar? En hoe kan ‘n mens 2012 op ‘n stewiger finansiële voet aanpak? Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n joernalis wat spesialiseer in persoonlike finansies. Ueckerman verskaf ‘n reeks praktiese wenke hoe een en almal geld kan bespaar.

Hoe verklaar jy dit?

Hoe groot is ‘n voorstedelike mier-kolonie? Hoekom neem kat- en hondehare so lank om afgebreek te word? Loop ‘n skilpad gevaar om te veel water te verloor as ‘n mens hom knaend optel? En aan watter familie behoort ‘n metaalkleurige muskiet?

Radioteater

Die drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander.

Radioteater

Adele het haar spyskaart uitgewerk en haar gastelys opgestel. Sy beplan die feesmaal van die jaar, want om die hele Kersseisoen net Anton se tande te tel, is glad nie vir haar ’n goeie vooruitsig nie. Maar toe verskyn Marie op die toneel en dit lyk of alles wil skeefloop.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.