Hoe verklaar jy dit?

Wat veroorsaak die brul-geluid wat sandduine in die Noord-Kaap maak? En kom hierdie verskynsel slegs daar voor? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoe vertolk ‘n mens die lyne wat isobare op weerkaarte aandui? En hoe verskil dit van kontoerlyne op ‘n kaart?

Kommentaar

Ontleders bespreek die afgelope week se nuusgebeure.

Hoe verklaar jy dit?

Hoekom het dinosourusse sulke lang nekke gehad? En hoe het hulle harte dit reg gekry om die brein van bloed te voorsien? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoekom stink die blomme van sekere plante so erg?

Radioteater

‘n Postmodernistiese siening van Suid-Afrika oor die Chinese se jag op die blink klippies van Afrika. Dis ‘n boeiende verhaal vertel van ‘n nuwe vorm van imperialisme met ‘n kinkel in die kabel.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Hoe verklaar jy dit?

Die diversiteit wat oor die eeue op die aarde voorgekom het, en vandag steeds voorkom, is die direkte uitvloeisel van aardverwarming hetsy natuurlik of mensgemaak. So sê professore LeFras Mouton en Henk Geertsema, asook die ekoloog, Dave Pepler.

Radioteater

Marius is ‘n ouditeur wat vir post-traumatiese stres behandel word. ‘n Ruimtewese verskyn aan hom en sê hy moet ‘n lewensbelangrike boodskap aan die mensdom oordra. Die probleem is natuurlik niemand sal hom glo nie. Of is daar dalk tog iemand wat hy kan oortuig.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Radioteater

Talle Suid-Afrikaners onthou nog die skokkende gebeure van 25 Januarie 1981 toe vloedwater die Karoodorp, Laingsburg, in puin gelê het. Die verhaal van lewensverlies en ontbering word vanuit die herinneringswêreld van een spesifieke gesin in die drama herbeleef.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.