Ryk drink koffie met Jeannine

Jeannine Naudè, vise-president en hoof van Afrika by TransUnion, gesels oor haar agtergrond, loopbaan, industrie, en wat sy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter

Moody’s beïndruk met die begroting

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, deel haar mening oor Moody’s se vooruitsigte vir Suid-Afrika, Nedbank en Discovery se handelsverklarings, en Nvidia se aandeelprys nadat hulle vandag winssyfers bekendgemaak het. Volg RSG Geldsake op Twitter

Brandpunt 26 Februarie 2026

Vonke spat by die parlementêre ad hoc-komitee waar die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan vandag getuig het. Nóg ‘n groep mans, wat na bewering gelok is om vir Rusland te veg, keer terug na Suid-Afrika. Padwoede in Suid-Afrika onder die vergrootglas ná ‘n skokkende voorval by ‘n vulstasie in KwaZulu-Natal.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39

Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur… Stefan het nooit by die sentrum aangemeld nie.

Lorenzo Darries se hart

Toe die Good Hope FM-sportaanbieder en Expresso-vervaardiger, Lorenzo Darries, in 2023 met eindstadium hartversaking gediagnoseer is, was hy nie verbaas om te hoor dat hy ‘n nuwe hart sal moet kry nie. Dis immers ‘n familiekwaal. Met die hedendaagse tegnologie kon dokters ‘n plan maak terwyl Lorenzo op ‘n hart wag, en hy het ‘n linkerventrikulêre hulpapparaat gekry. Dis ‘n meganiese pomp wat ingeplant is om sy hart te help om bloed deur sy liggaam te sirkuleer. Haidee Muller-Isaacs het met hom gepraat.

Touspring-uitdaging

‘n Sewejarige in China het op ‘n video gesê hy sal soveel keer touspring as wat die video “likes” aanlyn kry. Binne ‘n dag was daar al 1,8 miljoen mense wat van die video gehou het!

Spektrum 26 Februarie 2026

‘n Mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, word vandag gedebatteer. Die hoof van die inkomstediens, Edward Kieswetter, beskryf die begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana ter tafel gelê het, as konserwatief. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, wil handelsbande tussen dié twee lande versterk.