Broodnodige belastingverligting in die begrotingsrede aangekondig. Die Ekapa-myn, waar vyf werkers steeds vasgekeer is, gaan gelikwideer word. Net 30% van leerlinge se leesvermoë in graad 1 tot graad 3 voldoen aan die vereistes.
RSG Bekbasaar: Dieremaniere – Episode S2/E04
Die geliefde kinderboekskrywer Jaco Jacobs, met meer as 40 literêre toekennings op sy kerfstok, skep wêrelde vol verbeelding en warmte. Agter elke storie is daar ’n sagte, lewende inspirasie: sy ongewone, liefdevolle huisgesin van diere. Hy skryf sy kinderstories in die geselskap van Cleo die slang, sy stille kameraad wat gereeld by hom kuier terwyl die woorde vloei. By die huis wag daar ook vier tarantulas, konyne, ’n nuuskierige baarddrakie, ’n geselserige gryspapegaai, ’n kokketiel en ’n vrolike budgie. En dan is daar natuurlik Oreo, sy getroue skaaphond en drafmaat, wat elke dag saam met hom die wêreld aandurf. In hierdie hartroerende episode vertel Jaco wat sy persoonlike “dieretuin” vir hom en sy gesin beteken, hoe elke dier ’n unieke plek in hulle har het, hoe hulle saamstaan wanneer ’n dier siek word, en hoe sorg en beplanning deel word van elke vakansie of wegbreek. Dit is ’n warm, eerlike gesprek oor verantwoordelikheid, deernis en die besondere band tussen mens en dier. Dit herinner dat ons nie net vir ons diere sorg nie, maar dat hulle ook op hulle eie stille manier vir ons sorg.
Vroegoggendgedagte 26 Februarie 2026
Ds. Carli Fourie van die NG Kerk Montana in Pretoria.
RSG Landbou 26 Februarie 2026
Rooibos-uitvoere het in 2025 vir die eerste keer die 10 000 ton-merk oorskry, in weerwil van klimaatwisselvalligheid en strenger regulering. Ons praat hieroor met Dawie de Villiers van die SA Rooibosraad. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die week se landbouweervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het.
Skrywers en boeke 25 Februarie 2026
Daniël Lötter, skrywer van verskeie nie-fiksie boeke, gesels oor sy debuutroman, WAAR DIE LAMMERS NIE SUIP NIE. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor twee boeke wat sy kan aanbeveel: Christiaan Bakkes se roman SOETDORING IN DIE RUIGTES en THE RIFT – SCAR OF AFRICA, ‘n koffietafelboek deur Shem Compion. Jy kan ook ‘n kort voorlesing hoor uit Christiaan se roman. Kom vind uit watter skrywers is op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie. Daar is ook drie internasionale bydraes deur Johan Myburg. Hy vra die vraag of boeke werklik verfilmbaar is, en vertel hoe die Nobelpryswenner Ohran Pamuk oor filmmakers se kreatiewe vryheid voel. Johan vertel ook meer oor die Amerikaanse aktrise, Viola Davis, se eerste roman, wat sy saam met die bekende James Patterson geskryf het. Jy kan ook meer uitvind oor die biografie van Gisèle Pelicot, die Franse vrou wie se man haar bedwelm het en deur talle ander mans seksueel laat misbruik het.
Kompas 25 Februarie 2026
Wat verg dit om ‘n redenaarskompetisie te wen? Watter waarde het dit vir skoolleerders?
Aandgedagte 25 Februarie 2026
Ds. Carli Fourie van die NG Kerk Montana in Pretoria.
Markoorsig 25 Februarie 2026
Johan Gouws – hoof: welvaartadviesdienste, PPS Volg RSG Geldsake op Twitter
Sterk kommoditeitspryse sorg vir sterk belastinginkomste
Dr. Elna Moolman – hoof: finansiële markte, Standard Bank-groep Navorsing Ekonomie &
Piet Nel – belastingkonsultant & Prof André Roux – ekonoom & programhoof: Toekomsstudies, Stellenbosch Bestuurskool
RSG Geldsake 25 Februarie 2026
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai. Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.