RSG Geldsake 25 Februarie 2026

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai. Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.

Brandpunt 25 Februarie 2026

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het sy begrotingsrede vroeër vanmiddag gelewer. Die speaker van die parlement, Thoko Didiza, het kort voor hy begin praat het, tong in die kies gesê dat hulle gereed is om ‘n begroting te aanvaar om verlede jaar se fiasko te vermy. Godongwana het aangekondig dat belasting nie verhoog sal word nie, maar dat sondebelasting sal styg en dat die petrolheffings weer sal styg. Ons praat met Leonord Willemse, direkteur van AJM, en die ekonoom John Loos van FNB.

Kuns met kontant 25 Februarie 2026

Deel 2: Vir talle kykers is sy Bridgette Jacobs in Suidooster, waar Denise Newman die afgelope tien jaar ’n vaste inkomste verdien – ’n seldsame stukkie stabiliteit in ’n bedryf wat selde finansiële sekuriteit bied. Maar Denise se pad strek veel verder as ’n langdurige televisierol. Lank voor die kollig het sy as maatskaplike werkster in Kaapstad gewerk, waar sy eerstehands ervaar het hoe vroue in gewelddadige huwelike vasgevang bly omdat finansiële afhanklikheid hulle sonder ‘n uitkoms laat. Daardie belewenis van armoede, veerkragtigheid en die stille finansiële handel en wandel van oorlewing weerklink sterk in haar bekroonde vertolking in Shirley Adams, waar sy ’n ma vertolk het wat aan alle hoop vasklou te midde van swaarkry. Henco Kruger en Denise se gesprek beweeg tussen verhoog en skerm, tussen stabiliteit en stryd, en oor die ingewikkelde vryheid wat kom wanneer ’n vrou uiteindelik haar eie inkomste kan verdien.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38

Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor…

Petro se passie vir weeskinders

Petro Uren het as sesjarige by die Herberg Kinderhuis op Robertson beland. Vandag werk sy vir die einste kinderhuis as fondswerwer. Sy glo dat kinders wat in kinderhuise is met absolute deernis en menswaardigheid hanteer behoort te word. Sy is passievol oor haar werk om hulle lewe te verbeter.

Wat kan ons leer by… 25 Februarie 2025

Dr. Mandie Uys praat oor die 2 500 jaar oue boek, Die Kuns van Oorlogvoering deur San Tsu, wat steeds voorgeskrewe leesstof is in die Amerikaanse weermag en Japanese sakeskole.

Bodemlose koffie

‘n Administratiewe fout by ’n koffeiwinkel het Sophie Downing van Nottingham op papier 100 000 keer ryker as Elon Musk gemaak! Sy het darem nie die glips uitgebuit nie.

Spektrum 25 Februarie 2026

Politieke partye deel hulle verwagtinge van vanjaar se begrotingsrede. Rand Water pomp glo nie meer water uit die Vaalrivier-stelsel na Gauteng se stede nie. ‘n Uitbreking van bek-en-klouseer in Lesotho bevestig.