Nuwe tegnologie maak die behandeling van atriale fibrillasie nog veiliger en meer suksesvol. Atriale fibrillasie is die mees algemene hartritme-defek in mense ouer as 60, en ablasiebehandeling is die behandeling van keuse om die risiko vir beroerte en sterftes te verminder. Medikasie is ongelukkig redelik toksies.
Kultuur 25 Februarie 2026
Marno Boshoff is nie net ‘n gewone professionele persoon nie; hy is ‘n denkleier met ‘n missie om beter werkplekke te skep en mense se omgewings ten goede te verander. Hy noem homself ‘n kultuurevangelis. Hy kyk in hierdie reeks na wat kultuur is, hoe dit gevorm word, en hoekom dit soveel meer as net ’n modewoord is. Hy praat oor veilige sielkundige ruimtes.
Van die Vrystaatse vlaktes tot Robbeneiland en Bloubergstrand
Van die vlaktes van die Vrystaat tot die golwe van die Atlantiese oseaan. ‘n Handvol leerders en onderwysers van die Hoërskool Bultfontein in die Vrystaat, het eergister die yskoue Atlantiese oseaan aangedurf en van Robbeneiland tot Bloubergstrand geswem vir ‘n goeie doel. Maar waar in die Vrystaat oefen ‘n mens om seestrome te trotseer? En hoe het dit gegaan? Om dit vir ons te beantwoord, sluit Hoërskool Bultfontein se skoolhoof, Pieter van Zyl, by ons aan.
In die kollig 2 – 25 Februarie 2026
Die gewilde rolprent, The Heart is a Muscle, gaan weer in Suid Afrikaanse teaters te sien wees.
Private veaartse mag BKS-entstowwe toedien
Een van die omstrede kwessies wat die bek-en-klouseer-pandemie betref, is die rol van private veeartse met die toediening van entstof om die siekte onder beheer te probeer kry. Private veeartse kan nou aansoek doen by die Departement van Landbou om die entstof toe te dien. Om ons te vertel hoe die proses werk, sluit die Minister van Landbou, John Steenhuisen, by ons aan.
Historiese Almanak 25 Februarie 2026
Albe Grobbelaar praat oor die hoogs talentvolle dramatiese tenoor, Enrico Caruso, wat onlosmaaklik deel van die operawêreld is. Caruso was ook ’n groot poetsbakker.
Sakenuus 25 Februarie 2026
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat verder oor die begroting.
Dít kan jy in begroting verwag
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vanmiddag die Regering van Nasionale Eenheid se begroting vir die volgende jaar. Verlede jaar was daar groot omstredenheid, en die begroting moes uitgestel en heronderhandel word, nadt die DA vasgekskop het oor ‘n BTW-verhoging. Na verwagting sal vandag se begroting sonder die drama van verlede jaar gelewer kan word. Wat kan belastingbetalers, verbuikers en die sakesektor verwag? Ons praat hieroor met Hassan Essop van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.
In die kollig 1 – 25 Februarie 2026
Blaine Jones gesels met Melissa Jane van Worcester oor haar musikale reis, wat haar inspireer én wat aanhangers volgende na kan uitsien.
Veearts red man se lewe met kombuismes
Dit gons steeds ná ‘n 28-jarige veearts onlangs ‘n afgetrede onkoloog van Kaapstad se lewe gered het met ‘n mes uit ‘n restaurant se kombuis. Dr. Elani van Wyk het dr. Ronald Uys se lewe gered nadat hy aan ‘n stukkie steak verstik het.