Albe Grobbelaar praat oor die hoogs talentvolle dramatiese tenoor, Enrico Caruso, wat onlosmaaklik deel van die operawêreld is. Caruso was ook ’n groot poetsbakker.
Sakenuus 25 Februarie 2026
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat verder oor die begroting.
Dít kan jy in begroting verwag
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vanmiddag die Regering van Nasionale Eenheid se begroting vir die volgende jaar. Verlede jaar was daar groot omstredenheid, en die begroting moes uitgestel en heronderhandel word, nadt die DA vasgekskop het oor ‘n BTW-verhoging. Na verwagting sal vandag se begroting sonder die drama van verlede jaar gelewer kan word. Wat kan belastingbetalers, verbuikers en die sakesektor verwag? Ons praat hieroor met Hassan Essop van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.
In die kollig 1 – 25 Februarie 2026
Blaine Jones gesels met Melissa Jane van Worcester oor haar musikale reis, wat haar inspireer én wat aanhangers volgende na kan uitsien.
Veearts red man se lewe met kombuismes
Dit gons steeds ná ‘n 28-jarige veearts onlangs ‘n afgetrede onkoloog van Kaapstad se lewe gered het met ‘n mes uit ‘n restaurant se kombuis. Dr. Elani van Wyk het dr. Ronald Uys se lewe gered nadat hy aan ‘n stukkie steak verstik het.
Wat jy vandag moet weet 25 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 25 Februarie 2026
Leë rakke in supermarkte voorspel weens bek-en-klouseer. President Donald Trump sê Amerika is in ‘n beter toestand as ooit tevore. Kapenaars sal die naweek herinner word aan die Slag van Soutrivier in op 1 Maart 1510.
RSG Bekbasaar: EPISODE 15: Die Reine Wynheid – Wat soek die mark?
Wat koop die verskillende generasies in Suid-Afrika, en watter wynkultivars moet in die toekoms geplant word vir volhoubaarheid? Rene Groenewald, Kaapse Wynmeester en produkspesialis by W Cellar, en Jacques Steyn van Jordan drink wynkultivars van Griekeland en ’n agaveproduk, wat met verskillende soort kaas geproe word.
Vroegoggendgedagte 25 Februarie 2026
Ds. Carli Fourie van die NG Kerk Montana in Pretoria.
RSG Landbou 25 Februarie 2026
Ons hoor dikwels dat daar na wol verwys word as ‘n natuurlike vesel, maar het jy geweet nuwe navorsing wys dat wol se koolstofintensiteit aansienlik verminder wanneer die biogeniese vloei van koolstof in ag geneem word? Ons berig oor bedrog in die visbedryf, wat ‘n wêreldwye probleem is; angellose bye wat amptelike regte in Peru verkry het, en die Amerikaanse Departement van Landbou wat waarsku dat kunsmispryse vanjaar skerp sal styg.