Die jongste neiging in bewaringskringe is om toerisme in te span om te help om die omgewing te bewaar. Nege Suid-Afrikaanse vroue het aan die begin van 2012 besluit om presies dit te doen en ‘n vroue 4 x 4 toer na Angola se Namibe-provinsie te reël om navorsing te doen oor die Olive Ridley-seeskilpad. Suzanne Paxton van RSG is genooi om saam met die groep vroue die reis mee te maak. Die vroue het pas terug gekeer van die epiese tog van 6,222 kilometer met sandpaaie waar landmyne sedert die grensoorlog met Suid-Afrika nog begrawe lê.