Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Berg oor sy spanningsroman, ʼn Ander mens, wat resensente gaande gehad het toe dit in 2004 as Nobody Dies in Nieu-Seeland uitgegee is. Doks Briers, programorganiseerder van die Vryfees se boekeprogram, vertel wat hulle alles beplan vir boekwurms. Daar is ook ʼn huldeblyk, wat onder meer ʼn onderhoud uit die argief insluit, oor die bekroonde spanningskrywer Piet Steyn, wat in Mei vanjaar oorlede is, enkele ure nadat hy ʼn radiodrama vir RSG geskryf het.