Op 17 Oktober vanjaar vier die Weskus-skrywer E. Kotzé (oftwel Sussie Kotzé) haar 80ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees is daar ‘n profiel-gesprek met haar gevoer deur die uitgewer Nèlleke de Jager en die digter Petra Müller. Kotzé is bekend om onlangse romans soos Hoogty en Toring se baai, asook kortverhaalbundels soos Halfkrone vir die nagmaal.