Daar word gekyk na die belang van die pasgestorwe Amerikaanse wetenskapsfiksie-skrywer, Ray Bradbury, en daar is ‘n gedeelte van die kortverhaal, The Cold Storage Club van Ivan Vladislavic, wat voorgelees word. Corina van der Spoel praat met Otto Liebenberg, die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en navorsingsentrum (NALN), oor die museum in Bloemfontein en hoe die digitale toekoms vir hulle lyk. Die navorser en letterkundige, Irma du Plessis, vertel van haar ervaring om in die argiewe van NALN te werk.