Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging tydens sy Staatsrede dat die Weermag in die Wes-Kaap ontplooi sal word om bendegeweld hok te slaan, ontlok steeds gemengde reaksie. Vir baie gemeenskappe op die Kaapse Vlakte, waar duisende mense reeds hulle lewe verloor het, klink enige ingryping na hoop. Maar is die Weermag werklik ’n oplossing, of net ’n tydelike pleister op ’n oop wond? Ons praat met Quinton Adams, ’n sielkundige en navorser wat reeds verskeie wetenskaplike studies oor bendegeweld gedoen het.