Skip to content

Kat en hond

Potgooi

Kat en hond

'n Program vir troeteldiereienaars.

Kat en hond

8 Augustus 2024

Alle goeie dinge kom tot ‘n einde, en dis ook die geval met Kat en Hond. Na agt maande se heerlike saamkuier groet Lizma van Zyl met hoogtepunte van die reeks. Kenners deel vir oulaas hulle wyshede oor troeteldierversorging,  en ‘n paar van die bekendes met wie Lizma gesels het, vertel van hulle lief en leed en passies met hulle troeteldiere.

Kat en hond

8 Augustus 2024

In die voorlaaste program van die reeks kyk ons na al die belangrikste aspekte van troeteldierversorging. Lizma van Zyl gesels met veearts dr. Hector Dreyer, wat verduidelik hoekom die regte kos, genoeg oefening en aandag so belangrik is. Hy gee ook wenke oor hoe om gesondheidsprobleme op te tel.

Kat en hond

8 Augustus 2024

Ons honde en katte kommunikeer heeltyd met ons, maar tog is daar ‘n groot gebrek aan begrip wannneer dit by ons vierbeenkinders se lyftaal kom. Lizma van Zyl gesels met gedragskenner Madre Henderson wat die sluier lig oor katte en honde se geheime taal. Madre se wenke sal help om jou band met jou troeteldiere te versterk, en sal jou ook bedag maak op gesondheid- en ander probleme.

Kat en hond

8 Augustus 2024

Lizma van Zyl kuier in Khayelitsha om meer uit te vind oor ‘n reuse sterilisasieveldtog, en vat dan die pad Keurboomstrand toe. Hier gaan kuier sy by twee mense wat na aan die aarde en ook aan hulle diere leef, Elbie Steyl en Izak Botha.

Kat en hond

8 Augustus 2024

Om ‘n veearts te wees, is nie aldag maklik nie. Lizma van Zyl kuier by dr. Morné de Wet om te hoor wat die uitdagings en vreugdes van sy beroep is.  Hy vertel onder meer van die harde bene wat hy aanvanklik moes kou weens die feit dat hy allergies is vir diere. Morné gee ook raad aan jongmense wat graag in dié rigting wil studeer.

Kat en hond

8 Augustus 2024

Daar is nie baie mense wat die wil of geduld het om vir ‘n verwaarlooste, wilde kat, ‘n huis te gee nie. Marian van Wyk van die tydskrif TUIS het egter dié uitdagende pad gestap met haar Nebukatneser – ‘n kat wat vir lank nie sonder handskoene aangepak kon word nie. Lizma van Zyl gesels met Marian oor haar uitdagende reis met dié diertjie, en katafrigter en -gedragskenner Madré Henderson staan reg met uitstekende wenke vir wanneer so ‘n kat jou pad kruis.