Skip to content

Liedjiedorp

Potgooi

Liedjiedorp

Liedjiedorp 3 Januarie 2025

Liedjiedorp 3 Januarie 2025

Kategorie: Liedjiedorp2025-01-03

Melodie skryf ‘n brief aan haar ouers waarin sy vertel van haar ontmoeting met Anja, Bas, Wouter, Dimmi, Aria, Harmonie en Zingflits. Sy dink met heimwee terug aan al die gevare wat daar was, en ook aan al die planne wat beraam is met die hulp van die instrument-families. Sy besef dat musiek altyd deel van haar menswees sal wees. Tannie Tuba, Piccolo, Madame Klarinet, Koning Mantel en Simfonie die Olifant sal lank in Melodie se hart woon.

Liedjiedorp 27 Desember 2024

Liedjiedorp 27 Desember 2024

Kategorie: Liedjiedorp2024-12-27

Ons vind uit hoekom Zingflits sekere keuses gemaak het, en ons verstaan uiteindelik wat die kern van die probleem is. Melodie wys dat ‘n sagte stem altyd die grimmigheid tem!

Liedjiedorp 20 Desember 2024

Liedjiedorp 20 Desember 2024

Kategorie: Liedjiedorp2024-12-20

Melodie gebruik die krag van musiek, en stel ‘n voorbeeld van hoe om dapper te wees. Luister hoe Harmonie een van die grootste geheime van die musiekwêreld met ons deel. Liedjiedorp word uiteindelik Liedjiedorp!

Liedjiedorp 13 Desember 2024

Liedjiedorp 13 Desember 2024

Kategorie: Liedjiedorp2024-12-13

Aria en Bas word wakker nadat die slaapkruie van Zingflits uitgewerk het, en sien hoe musiek al die mense, instrumente en diere bymekaar bring. Selfs die xilofone word daaraan herinner dat hulle ook melodie kan voortbring!

Liedjiedorp 6 Desember 2024

Liedjiedorp 6 Desember 2024

Kategorie: Liedjiedorp2024-12-06

Anja en Tannie Tuba deel ‘n spesiale oomblik. Die waterspel met die krane word ‘n mooi metafoor om ons te leer hoe die koperblaasfamilie ook “water” in hulle pype het, en mooi skoongemaak moet word. Melodie stel vir Koning Mantel, die leeu, aan Anja voor. So ontstaan die wonderlike idee om met ‘n wals vir Zingflits ‘n ding of twee te wys! Het jy geweet dat van die bekendste walse deur die Johann Strauss gekomponeer is? Komponiste soos Schubert, Chopin, Liszt en Brahms het die wals verder gewild gemaak. Tsjaikofski het ook pragtige walse vir ballet gekomponeer. As jy na ‘n Boeredanswals wil luister, gaan soek die Bredell Dansorkes op, en luister na hulle interpretasie van die Loeriewals.

Liedjiedorp 29 November 2024

Liedjiedorp 29 November 2024

Kategorie: Liedjiedorp2024-11-29

Luister na alles wat Melodie, Harmonie, Aria wn Zingflits sê, en dan kom die slimste en oudste dier van Liedjiedorp ook nog na vore: `n Olifant met die naam Simfonie. Soveel Variasie kom in hierdie episode. Dit is tyd vir verandering, uiteindelik, ten goede!