Skip to content

Ons Praat Dit Uit

Potgooi

Ons Praat Dit Uit

Ons fokus op die probleme waarmee jongmense worstel, soos dwelms, boeliegedrag, selfdoodgedagtes, liefdesprobleme, en verwerping.

Ons praat dit uit 29 Maart 2026

Ons praat dit uit 29 Maart 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-03-29

Vir baie jongmense en ouers is dit soms moeilik op openhartig en eerlik met mekaar te kommunikeer. Hulle is bang om aanstoot te gee, of om persoonlike dinge bekend te maak, en tussendeur val die kommunikasie plat. Ds. Henk Theart verduidelik hoe jongmense die kommunikasie met hulle ouers en familie kan verbeter.

Ons praat dit uit 22 Maart 2026

Ons praat dit uit 22 Maart 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-03-22

Britse navorsers het onlangs vasgestel dat ‘n derde van jongmense tussen 16 en 24, die meeste van die tyd eensaam voel. Dis byna driekeer soveel as mense bo 65. Waarom is dit so? Watter uitwerking het eensaamheid op jongmense? Ds. Ereick van Breda gee raad oor hoe jongmense hulle eensaamheid kan hanteer, en wat ouers, skole en kerke kan doen om te help.

Ons praat dit uit 15 Maart 2026

Ons praat dit uit 15 Maart 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-03-15

Jongmense sukkel dikwels met onbeheersde gedrag. Dan word deure toegeklap, klippe rondgeskop en mense om hulle verskree. Waarom? Hoe kan hierdie gedrag oorkom word? PC Pretorius praat hieroor met ds. Leon Geel van die Midstream Familiekerk.

Ons praat dit uit 8 Maart 2026

Ons praat dit uit 8 Maart 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-03-08

Nomofobie is die vrees om sonder jou selfoon te wees en gevolglik geen kontak met ander te hê nie. Geen wonder dan dat dit soms lyk asof die selfoon aan jongmense vasgeplak is. En dan is daar die moontlikheid om die selfoon te misbruik… Navorsing wys dat oormatige gebruik van selfone deur tieners tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar ‘n sosiale probleem is wat groot emosionele steurings kan veroorsaak. Dr. Rodney Seale en dr. Anke de Beer gee raad oor hoe jongmense selfone korrek kan gebruik, en hoe om selfoonmisbruik hok te slaan.

Ons praat dit uit? 1 Maart 2026

Ons praat dit uit? 1 Maart 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-03-01

Navorsing wys dat een van die dinge wat jongmense sterk negatief beïnvloed, onstabiele ouerhuise is. Watter raad is daar vir jongmense wat grootword in sulke omstandighede? Raad word gegee oor hoe jongmense die invloed van onstabiele ouerhuise kan hanteer, wanneer PC Pretorius met Hannes Noeth hieroor praat.

Ons praat dit uit 22 Februarie 2026

Ons praat dit uit 22 Februarie 2026

Kategorie: Ons Praat Dit Uit2026-02-22

Tieners leer nog hoe om hulle hormone en wisselende emosies te hanteer, deur by veranderinge te probeer aanpas. Hoe kan hierdie fase hanteer word deur jongmense en ander wat met hulle in aanraking kom? Tieners kry raad oor hoe om hulle wisselende emosies te hanteer by kliniese sielkundige James Brown.