Potgooi
Wat het jy in jou hand
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag.
Wat het jy in jou hand 15 Junie 2025
15 Junie 2025
Ma’s vir Wellington is ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 2007 ’n lewensbelangrike rol in die Wellington-gemeenskap speel. Hulle fokus op kwesbare kinders, gesinne, vroue en volwassenes met intellektuele gestremdhede. In een van die buitewyke het hulle ’n kleuterskool, wat nie net basiese opvoeding bied nie, maar ook die nodige voeding, eerstehulpleiding, en sosiale intervensie. Boonop bied hulle drie dae per week 'n oppasdiens en verskeie aktiwiteite vir volwassenes met gestremdhede uit die gemeenskap. ’n Ander kerninisiatief is die Bybelstudiegroep wat saam met die ma’s van die kleuters gereël word om nie net hulle kinders se holistiese groei te ondersteun nie, maar ook die ma’s se geestelike en emosionele lewe te verryk. Ma’s vir Wellington bedien tans sowat 155 huishoudings in Carterville, Weltevrede, Van Wyksvlei, Hillcrest, New Rest en ander dele van Wellington.
Wat het jy in jou hand 8 Junie 2025
8 Junie 2025
Ds. Enel Lambrechts en dr. Albert Alberts vertel hoe die kankerbediening by die Knysna NG nie net fisiese en emosionele ondersteuning bied nie, maar mense ook help om krag en hoop in hulle geloof te vind. Enel is leraar by die Knysna-gemeente, en dr. Alberts 'n afgetrede onkoloog. Hy lei ’n span wat bestaan uit mediese kundiges en mense wat self deur kanker is. Saam bied hulle ’n holistiese benadering wat praktiese hulp, emosionele ondersteuning en ’n nuwe manier van kyk na lyding en genesing insluit – ’n manier wat gegrond is in Christus se oorwinning.
Wat het jy in jou hand 1 Junie 2025
1 Junie 2025
Schalk Burger is ‘n bourekenaar, en voorsitter van Shiloh Synergy, wat in 2004 die Klippie Kids Pre-Primêre Skool in Klipheuwel gestig het. Hierdie skool, wat deel is van Shiloh Synergy, bied nie net gehalte vroeë kinderontwikkeling aan nie, maar fokus ook op gesondheid, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid. Die unieke JES-kurrikulum, wat elemente van die Bybel se skeppingsverhaal, Montessori en die nasionale kurrikulum kombineer, berei kinders voor vir die lewe, nie net vir die skool nie.
Wat het jy in jou hand 25 Mei 2025
25 Mei 2025