Liedjiedorp 6 Desember 2024
Anja en Tannie Tuba deel ‘n spesiale oomblik. Die waterspel met die krane word ‘n mooi metafoor om ons te leer hoe die koperblaasfamilie ook “water” in hulle pype het, en mooi skoongemaak moet word. Melodie stel vir Koning Mantel, die leeu, aan Anja voor. So ontstaan die wonderlike idee om met ‘n wals vir Zingflits ‘n ding of twee te wys! Het jy geweet dat van die bekendste walse deur die Johann Strauss gekomponeer is? Komponiste soos Schubert, Chopin, Liszt en Brahms het die wals verder gewild gemaak. Tsjaikofski het ook pragtige walse vir ballet gekomponeer. As jy na ‘n Boeredanswals wil luister, gaan soek die Bredell Dansorkes op, en luister na hulle interpretasie van die Loeriewals.
