In ‘n spesiale musiekprogram op Goeie Vrydag word daar gefokus op die misse van Joseph Haydn. Dié Oostenrykse komponis het altesaam 14 van hierdie werke nagelaat. Hy het dit gedoen in opdrag van die Esterhazy-familie in wie se diens hy was vir die grootste deel van sy loopbaan.