RESEPTE
Charl se sampioenrisotto
Charl du Plessis
Bestanddele
1 koppie arboriorys
1 koppie witwyn
200 g sampioene, gesny
1 ui, fyn gekap
4 koppies warm hoender- of groente-aftreksel
2 eetlepels botter of olie
½ koppie gerasperde parmesaankaas
Metode
Verhit die botter/olie in ’n pan.
Braai die ui tot sag oor medium hitte.
Voeg die sampioene by, en kook tot sag.
Voeg die rys by en roer vir 2 minute.
Voeg die wyn by en roer vir 2 minute.
Voeg 1 koppie aftreksel by.
Roer stadig tot vloeistof geabsorbeer is.
Herhaal met die res van die aftreksel.
Hou aan roer vir ongeveer 20 minute tot die rys uitgepof en romerig is.
Strooi parmesaankaas oor.
Bedien warm.