RESEPTE
Danie se Mariebeskuitjie-yskaskoek
Danie Conradie
Lewer 16 – 24 blokkies
Hierdie geen-bak-resep is baie ekonomies en kan vinnig gemaak word. Dit is ’n uitstekende resep wat bestanddele gebruik wat jy gewoonlik in jou spens en yskas byderhand het. Dit is ’n ware lewensredder wanneer jy vinnig iets moet maak.
Bestanddele
1 pakkie Mariebeskuitjies, in kleinerige stukkies gebreek
250 g botter, gesmelt
500 g versiersuiker
80 g kakaopoeier
2 groot eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
Metode
Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam, en roer dit in by die gesmelte botter.
Roer die geklitste eiers en vanieljegeursel vinnig by.
Voeg die Mariebeskuitjie-stukke by en meng goed.
Druk die mengsel in ’n gesmeerde 22 – 24 cm vierkantige houer.
Plaas in die yskas om te stol.
Sny in blokkies en bedien.